top of page
cover art flat-01.png
About
PALET looks vol 33.png
Waar kom Palet vandaan?

Die naam Palet herinner ‘n mens onmiddellik aan die palet van ‘n kunstenaar. Net soos die lewe is dit maar soms ‘n morsige storie, maar dit spreek ook van oneindige potensiaal wat in die hand van die Kunstenaar ontsluit kan word. 

 

Palet wil jou help om dieper te lewe aan die hand van ‘n kontemplatiewe spiritualiteit - nader aan God, aan onsself, ander en ons wêreld.

My Books
Kontemplatiewe spiritualiteit

Die kontemplatiewe spiritualiteit is baie meer as net ‘n ander manier om godsdiens te beoefen. Die kontemplatiewe spiritualiteit wil ons leer om God in alles raak te sien. Om intens bewus van God te leef. Om sommer net oor die algemeen bewus te leef. Om te weet dat al die skakerings van die lewe, die mooi en die seer, die lekker en die swaar, deel is van die groot prentjie. Dit wil my help om te weet dat God my in alles ontmoet en dat alles in my lewe heilig is – ook daardie dele van my lewe wat ek soms eerder sal wegsteek.

 

Die kontemplatiewe spiritualiteit wil my help om nie my lewe in sogenaamde “heilige en onheilige” kompartemente te leef nie, maar juis om in alles al meer soos God se soort mens te lyk. Dit wil my help om die manier hoe ek leef te verander deur dieper te lewe en dit wil my daartoe in staat stel om met groter kapasiteit vir die kompleksiteit van die lewe te leef.

 

Dit wil my ook help om intensioneel met my lewe om te gaan en om ritmes van genade in my lewe in te bou, waarbinne God my kan ontmoet, waarbinne ek tot stilstand en tot rus kan kom en op ‘n diep manier oor my lewe kan reflekteer. Kontemplatiewe geloofspraktyke soos intensionele stilte en afsondering, kontemplatiewe gebed, ‘n dieper lees van die Bybel en ‘n aantal ander geloofspraktyke help my hiermee.

 

In die kontemplatiewe spiritualiteit leer ek dat God my van binne af wil nuut maak en transformeer en graag sal wil sien dat ek in my interne lewe sal floreer, al verander my omstandighede nie. Ek groei stelselmatig daarin om ‘n gesonde, heel, wyse, geïntegreerde mens te wees wat emosioneel en geestelik ewe volwasse en gesond is.

 

Mag Palet jou help om ‘n dieper manier van leef te ontdek!

PALET_v33_Quote 2.png
KONTAK ONS
Contact
Kontak ons

Dankie vir jou boodskap

bottom of page