top of page

In U hande gee ek my lewe oor


Om myself aan die Here oor te gee klink vir die meeste gelowiges mense soos iets wat hulle wil doen – en dalk dink baie van ons dat ons dit doen – maar wat is die implikasie daarvan nou eintlik?


Daar is mense wat nie hou van die woord oorgee nie, omdat dit klink soos moed opgee of asof God jou wil forseer om iets te doen wat jy nie wil doen nie, soos ‘n soldaat in ‘n oorlog wat moet oorgee aan die vyand of sy lewe verloor. Maar dit is nie heeltemal waarvan ons praat nie, of dalk is dit juis! Hierdie soort oorgee vra dat ek op die diepste vlak beheer sal oorgee in die vertroue dat God besig is met my en oppad is met my lewe en dat Hy weet met watter prosesse van lewe Hy met en in my wil besig wees, selfs al kan ek dit glad nie insien nie.


Ek sê hierdie versigtig, en met groot respek vir die gebrokenheid en kompleksiteit van ons lewens, maar dit is net hier waar ons geroep word om te leer om die Here te vertrou dat selfs daardie dinge wat nie altyd vir ons lyk na die beste vir ons nie en daardie dinge waaroor ons dink dat daar absoluut niks goed uit kan kom nie, potensiaal het om oor tyd deel te kan wees van God se proses van lewe in oorvloed met ons.


‘n Gebed wat my altyd diep raak is die “Prayer of abandonment” van Charles de Foucauld.


Die prayer of abandonment:

Father,

I abandon myself into your hands;

do with me what you will.

Whatever you may do, I thank you:

I am ready for all, I accept all.

Let only your will be done in me,

and in all your creatures –

I wish no more than this, O Lord.

Into your hands I commend my soul;

I offer it to you with all the love of my heart,

for I love you, Lord,

and so I need to give myself into your hands

without reserve,

and with boundless confidence.

For you are my Father.


Natuurlik is dit mooi om te lees, maar ek dink die rede waarom dit my so diep raak is omdat dit my in my spore stop en vra vrae oor hoe ek dink oor God en vra vrae oor my eie krampagtige behoefte aan beheer.


Wanneer ek die gebed lees raak ek bewus daarvan dat my ego weerstand bied daarteen om te bid: “I abandon myself into your hands; do with me what you will.” Goeie genade! Sê nou God doen met my iets waarvan ek nie hou nie, of wat nie vir my lekker is nie, of voel of dit nie vir my goed is nie?


Net hier word ek met my Godsbeeld gekonfronteer… Wat is die kans dat God met iets anders in jou lewe sal besig wees as dit wat uiteindelik op die diepste moontlike vlak na die lewe sal lei? As ek dink dat God my op ‘n manier wil skade berokken, verstaan ek dalk nog nie Wie God is nie.


En daarom kan ek dit waag om te bid:

“Here, in U hande gee ek my lewe oor.

Ek gee myself aan U met my hele hart,

sonder voorbehoud en met onbeperkte vertroue.”


En waarom kan ek dit bid?


“Want U is my Vader…”

44 views0 comments

Recent Posts

See All

Comentarios


Los comentarios se han desactivado.
bottom of page