top of page

Met 'n sagter hart

Die wêreld is op die oomblik weer ‘n uitsonderlike uitdagende plek. Baie dinge is op die kop gekeer en onseker. In sulke tye help baie woorde maar min.


Wanneer ‘n mens jouself saam met biljoene ander in ‘n tydvak van chaos bevind kan Ian McLaren se woorde ons help: “Be kind, for everyone you meet is fighting a hard battle.”


As ons dit maar kan regkry dat die eksterne oorloë nie in ons harte kom nesmaak nie. As ons maar daarin kan slaag dat ons nie ons interne oorloë op ander mense projekteer nie. God se droom vir die wêreld en vir ons lewens is een van heelheid, harmonie, lewe en vrede.


“Be kind” gaan nie daaroor om heeldag met ‘n glimlag op jou gesig rond te loop nie. Dit gaan veel eerder daaroor om met sagte oë na mense te kyk, omdat ek met ‘n sagter hart vir hulle voel.


Dalk is dit een van die dinge wat masker dra ons geleer het: dit het ons geforseer om met vriendelike oë te leer kyk, omdat dit al was wat ons van mekaar se gesigte kon sien.

Dalk dink jy dat jy nie eintlik voel of jy ‘n sagter hart wil of kan hê nie, vir watter rede ook al.

Genadiglik hoef ek dit nie in myself te vind nie. Jesus sê in Matteus 11:29 dat ons by Hom kan leer, want Hy is sagmoedig van hart, so kom ons vra dit van Hom.


Mag ons sagter harte en sagte oë ons vandag help om heelheid, harmonie, lewe en vrede in realiteit in te dra.




0 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page