top of page

Psalm - Ilse van Staden

omdat sy my liefhet, sê God, daarom sal ek haar beker laat oorloop met woorde, daarom sal ek die olie van voldoening en die wyn laat drup oor die rande van haar drome en die kante liggies kraak soos porselein,

daarom sal ek die room en die skuim laat oorstoot en vloei in die pierings van haar hande, uitgestrek soos bedebriewe of vlerke en om haar knielende knieë sal ek my oorvloedigheid laat poel sodat sy haarself kan sien van aangesig tot aangesig in my oormaat gespieël



26 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page