top of page
Heilige Hart - 'n Pelgrimstog oor 60 dae

Heilige Hart - 'n Pelgrimstog oor 60 dae

R240,00Price

Daar is min dinge waaroor ek so passievol is, soos die lewens-veranderende krag van die kontemplatiewe spiritualiteit en die gepaardgaande innerlike transformasie daarvan.

 

Ek sien voortdurend hoe mense se lewens op die diepste vlak getransformeer word, daar waar 'n dieper spiritualiteit en 'n omvattende binnereis se paaie kruis. Ek wens daar is meer mense wat kan begin sien dat hierdie soort spiritualiteit waarskynlik een van die mees transformerende bewegings van God se Gees in ons tyd is.

 

Een van die kenmerke van hierdie dieper spiritualiteit is dat die pad na God deur jou eie hart en siel loop. Hoe beter ek dus myself leer ken, hoe oper kan ek wees vir God en hoe dieper kan die Here in my lewe werk.

 

Hoe meer ek verstaan wat die Here in my lewe wil omskep en omvorm, hoe meer begin ek om van Hom bewus te wees en Sy stem te hoor.

 

Hierdie pad deur 'n mens se hart is allesbehalwe maklik, maar beslis ryk en lewegewend, net soos 'n pelgrimstig na 'n heilige plek.

bottom of page