top of page

Die genade van kwesbaarheid: Om eg te word




VERSKILLENDE VORME VAN KWESBAARHEID

 

Daar is verskillende vorme van kwesbaarheid.

Heelhartige kwesbaarheid behels dat ek nie wegdeins van my kwesbaarhede nie, maar dit op ‘n gesonde en helende manier saam met my dra, om my voortdurend aan my menslikheid te herinner.


Pynlike kwesbaarheid of “excruciating vulnerability” kom vanuit ‘n plek van skaamte, moet weggesteek word en word gekenmerk deur vrees, skuld en skaamte.


Maar daar is ook ‘n ander soort kwesbaarheid wat allesbehalwe gesond is. Kom ons noem dit ekshibisionistiese kwesbaarheid. Hierdie soort kwesbaarheid word uitgestal en is deesdae oral op sosiale media te vind. Dit gaan met ‘n slagoffer of martelaar identiteit gepaard en word gebruik om ander te manipuleer.

 

Om kwesbaarheid op ‘n gesonde manier deel van jou lewe te maak vra geweldig baie dapperheid en dit kom vir niemand maklik nie.

 

BREEKBAAR EN VERVANGBAAR

 

2 Korintiërs 4:7 (lees vers 7-10 as jy wil) help ons om iets te verstaan van hoe ons oor kwesbaarheid kan dink:

“Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.”


Hier sien ons ‘n paar belangrike dinge: Ons is kleipotte wat maklik breek. ‘n Kleipot is ‘n tydelike houer. In die Bybelse tyd was ‘n kleipot die mees algemene en alledaagse houer waarin doodgewoon alledaagse goed gebêre is – dit was tegnies waardeloos en dit het eerder gegaan oor die inhoud wat deur die pot beskerm word as oor die pot. So ‘n bietjie soos ‘n polistireenbak in ons tyd… Dit bring ‘n mens nogal tot stilstand as jy oor jouself dink as ‘n polistireenbak. Paulus sê ons is toe nie so “precious” nie! Die houer breek maklik, is maklik vervangbaar en was nie waardevol genoeg om te herstel nie.

In ons soort samelewing dink ons dit is ‘n aanwins om onsself as perfek en sterk voor te hou, terwyl dit in God se wêreld baie meer waarde het om soos breekbare kleipotte te wees.


Victor Paul Furnish skryf oor hierdie vers: “Human reality is a weak reality. Nothing within the human condition can sustain its existence, let alone increase or decrease its impenetrableness. The human condition is forever fragile and forever destined for decay.”

Maar wat sou die inhoud van die kleipot kon wees?


2 Korintiërs 4:6 sê: “God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte 'n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal.”

Dit gaan dus nie oor die kleipot nie, maar oor die lig en lewe wat deur die kleipot gehou kan word.


ONLOSMAAKLIK VERBIND


Adam Sidler skryf: “Within the Church, and for many Christians, the crucifixion and resurrection are treated as two separate events, each given its equal individual importance and attention. However, the weakness of the cross and the power of the resurrection “constitute an inseparable unity.” In the midst of the ultimate weakness of the cross, God displayed the ultimate power of the resurrection and death’s defeat. Such, then, is the Christian life: an inseparable relationship between the weakness of humankind and the power of the Almighty God.”


Die kruis en die opstanding in onlosmaaklik verbind aan mekaar. Uit die grootste swakheid kan God die grootste lig laat skyn. Ons diepste wonde en grootste vernederings kan juis die plek wees waar God se lig uiteindelik die helderste deurskyn.


Die lewe is baie hard en soms voel ons of ons dit nie gaan maak nie. Ons voel dikwels hoe ons met ons eie feilbaarheid gekonfronteer word, maar dit is nie die volle storie oor ons nie, want Jesus Christus werk opstandingslewe binne-in ons.


Die resultaat daarvan, as ek myself as ‘n kleipot sien, maar ook as ‘n houer vir God se lig, is dat ek ‘n EGTE mens word.


OM EG TE WORD


Daar is ‘n pragtige uittreksel uit Margery Williams se “Velveteen Rabbit” wat ons help om iets te verstaan van God se proses van kwesbaarheid:

“What is REAL?” asked the Rabbit one day, when they were lying side by side near the nursery fender, before Nanna came to tidy the room. “Does it mean having things that buzz inside you and a stick-out handle?”

“Real isn’t how you are made,” said the Skin Horse. “It’s a thing that happens to you. When a child loves you for a long, long time, not just to play with, but REALLY loves you, then you become Real.”

“Does it hurt?” asked the Rabbit.

“Sometimes,” said the Skin Horse, for he was always truthful. “When you are Real you don’t mind being hurt.”

“Does it happen all at once, like being wound up,” he asked, “or bit by bit?”

“It doesn’t happen all at once,” said the Skin Horse. “You become. It takes a long time. That’s why it doesn’t happen often to people who break easily, or have sharp edges, or who have to be carefully kept. Generally, by the time you are Real, most of your hair has been loved off, and your eyes drop out and you get loose in your joints and very shabby. But these things don’t matter at all, because once you are Real you can’t be ugly, except to people who don’t understand.”


Hoe meer ons ons eie kwesbaarheid en verganklikheid omarm, hoe meer ons ons wonde en vernederings toelaat om krake vir God se lig te wees, hoe meer eg ons word, hoe meer ontdek ons die mistieke eenheid wat ons in ons kwesbaarheid met ander en God ervaar en hoe meer kan God se lig en lewe die kleipot van my lewe vul.


©️ Marina vd Linde 2024

3 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page